EntertainmentLocal newsNews

Oud-Benonian nou op die kassie

Op die ouderdom van 59 betree die voormalige Benoni inwoner die vermaaklikheidsbedryf.

As ‘n leerder van Laerskool Northmead, het Albert van Vuuren heerlik toktokkie saam met sy makkers gespeel en met skaterlag in die plaaslike parkie weggekruip.

Maar nou pronk die stille Brakpan inwoner op die kleinskerm waar hy later dié maand ‘n rol as ‘n polisieman op Kyknet se gewilde sepie Diepe Waters gaan beklee.

Op die ourderdom van 59, het die voormalige Benoni Tegniese Skool (nou Hoërskool Hans Moore) leerling se lewe meenigde wentelings geneem maar Albert glo hy het eindelik sy passie ontdek.

“Tydens ‘n besoek aan Italië in 2001 is ek en my vriende op straat genader deur die vervaadiger van Star Wars,” het hy gesê.

Albert was ‘n leerder van Laerskool Northmead.

“Ons is gevra om teen betaling as ekstras vir ‘n kort toneel in te staan. Alhoewel ek kortliks in Episode II: Attack of the Clones te sien is, het die opdervinding my geprikkel.”

Met sy terugkeer op tuisbodem het spoedvraat hom bemoei met die bou van sy besigheid.

“Ek is ‘n motorfiets en hoë oktaan kar entoesias, dus het ek ‘n besigheid gestig uit die verkoop van dié voetuie,” sê Albert.

“Tog het iets bly knaag en ek het in 2005 ‘n drama kursus voltooi. Ek was nooit iemand vir die kalklig nie en het die verhoog vermy, maar wanneer ek op stel is voel dit asof ek tuis is.”

Tot dus ver het Albert in Binnelanders verskyn asook in die Madiba minireeks met Laurence Fishburne.

“Ek hoop om eendag ‘n hoofrol in ‘n Suid-Afrikaanse film los te slaan, maar vir nou leer ek by die akteurs op die stel. Ek steel tegnieke met die oog,” het hy met ‘n glimlag gesê.

Oor sy opkomende rol, sê Albert dit was maklik om in karakter te kom, maar om sy lyne te onthou was ietwat ‘n uitdaging.

“Gedurende my nasionale diensplig in 1983 was ek by die militêre polisie gestationeer. Daar het ek wetstoepassing maniertjies opgetel,” het hy gesê.

“As ek wel bietjie oor my lyne struikel is almal op stel baie tegoemoedkomend en geduldig. Ons is almal maar net mens.”

Wanneer hy nie toneel speel nie, kan Albert meters onder die golwe in Umkomaas gevind word, waar hy saam met majestueuse haaie swem.

“Ek scuba al vir jare. Dit is hier waar ek vrede en kalmte vind,” het hy gesê.

Nader aan die huis, ry Albert gereeld in sy Ghost Riders baadjie op sy yster hings.

As die stigter en nasional president van die klub, wat al van 1989 bedrywig is, sê Albert die klub en lede is sy familie.

Tenspyte van sy huidige adres sê Albert sy hart behoort aan Benoni.

“Ek het soveel ongelooflike herinneringe hier en maak ‘n punt daarvan om weekliks by sommige van die stad se koffie winkels uit te span en net die borrelende energie van my tuis dorp te geniet.

“In dié oomblike dink ek terug met heimwee aan my groot word jare by my ouma en oupa.”

Albert saam met Diepe Waters se Justin Strydom, wat die rol van Gys Swarts vetolk.

Hy lag soos hy vertel hoe hy en ‘n groep vriende sy oupa se bus een aand gesteel het.

“Ons was in die hoërskool. My oupa was ‘n busdrywer en ons het gedink dit is ‘n bak plan om met die bus deur die dorp te ry. Ek dink dit was die eerste partyjie bus!

“Ons het die voertuig veilig terugbesorg voor my oupa se skof, maar ek was in reuse moeilikheid.”

Met die herinneringe vars in sy gedagtes, sê Albert hy wens hy kan ‘n samekoms met sy oud skoolvriende reël.

LEES OOK: Norrie gekies om land in LA te verteenwoordig

LEES OOK: Hans Moore atlete swem dat die water spat

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button