Local newsNews

Sakevroue geniet insiggewende ontbyt

Oos-Rand Sakevroue kuier heerlik saam.

Met vars koffie in die hand en ’n heerlike ontbyt het die Oos-Rand Sakevroue hul eerste vergadering in ses maande gehou – en dit was beslis ’n oggend vol betekenis.

Die Meet and Greet-ontbyt, aangebied by Madeleine’s Venue and Coffee Shop in Benoni op 2 Julie, was meer as net ’n netwerkgeleentheid; dit was ’n herontmoeting van susterskap, steun en ondernemingsgees.

In hierdie foto is lede van die komitee: Helma Viljoen, Ciska Scheepers, Lorna Enslin, Isabel Blignaut en Karen Herbst.

Een van die oggend se hoogtepunte was ’n insiggewende toespraak deur Pete Beart, voorsitter van die Eastern Highveld Beekeepers’ Association, wat nie net die waarde van ware heuning uitgelig het nie, maar ook die gevare van “fake honey” in winkels bespreek het.

Gaste is aangemoedig om sulke produkte by die relevante owerhede aan te meld.

Die gaste het heerlik gekuier. Agter: Christa Lock, Meida Keet en Alta vd Berg. Voor: Lynette Bryce, Ursula Marais Martie Serfontein en Karen Herbst

“Alles wat in die produk is, moet duidelik aangedui word,” het hy uitgewys.

Hy het voorbeelde gewys van produkte wat lyk asof daar heuning in is, maar wat in werklikheid nie regtig heuning bevat nie.

Pete Beart, voorsitter van die Eastern Highveld Beekeepers’ Association het die gaste toegespreek.

Verder het die gaste lief en leed gedeel, gelag, gesels en mekaar weer opnuut bemoedig.

Karen Herbst, voorsitter van die Oos-Rand Sakevroue, het die geleentheid as ’n groot sukses beskryf.

Elize Malan, Martie Senekamp en Tertia van Schalkwyk.

“Ek moet dit toeskryf aan ons koste en die getal dames wat die geleentheid bygewoon het. Dit was ons eerste vergadering in ses maande, en die dames het dit só geniet om mekaar weer te sien.

“’n Hoogtepunt was die ou komiteelede wat die geleentheid bygewoon het, en dat Susan Noppe ná ’n lang siekbed die funksie kon bywoon. Ons is dankbaar vir elke dame wat tyd afstaan om ons te ondersteun,” het Herbst bygevoeg.

In hierdie foto is Isabel Blignaut, Elsabie Ferreira, Glynis Holdsworth, Deryl Richardson, Rita Trollip, Alice Muller en Verinia Gardiner.

Die toekoms van die Sakevroue lyk blink en hul spog met nuwe komiteelede, Helma Viljoen en Ciska Scheepers.

“Ons is weer terug op ons pos met nuwe komiteelede, en ons sal weer meer gereeld sulke geleenthede hou. Ons wil ook meer fokus op die ondersteuning van enkeleienaarbesighede – om hulle te bemark en ’n platform te bied waar hulle kan uitbrei,” het sy bygevoeg.

LEES OOK: KYK: 100 kersies vir tannie Bettie

LEES OOK: KYK: Kletsrymer dans deur die strate

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button