Local newsSchools

Dit is tyd vir Revue 2023

Skryf nou in vir die grootste revuekompetisie van die jaar

Lefra Produksies se nasionale revuekompetisie, Revue 2023, sal in September by Carnival City afskop.

Die radio- en TV persoonlikheid, Sue Pyler-Slabbert, sal die jaar se kompetisie aanbied, en vertonings sal vanaf 25 Oktober op VIA, kanaal 147 uitgesaai word.

“Ons is opgewonde dat dié fees uitgesaai sal word,” sê Frans Swart, besturende direkteur van Lefra Produksies.

“Dit is ‘n wonderlike geleentheid vir skole om hul revues op televisie te kry en sodoende hul skool te bemark.”

Inskrywings vir die fees is tans oop en het ‘n nuwe kategorie vir laerskool juniors.

“Na vele versoeke het ons besluit om die kleinspan kans te gee om op die verhoog mee te ding,” sê Swart.

Hoërskool Hans Moore was aangewys as die algehele senior wenners van die eerste kompetisie in 2016.

“Die fees het sedert 2016 gegroei tot een van die land se grootste revuekompetisies, wat leerlinge die geleentheid bied om skouers te skuur van die groot name in die vermaaklikheidsbedryf, wie se kennis en raad hulle na nuwe hoogtes kan laat streef.

“Dit gee ons verder die geleentheid om nuwe talent te identifiseer.”

Inskrywings vir dié prag skouspel is oop vir laerskole, junior en senior asook hoërskole.

Vertonings sal op 4 tot 8 September afskop vir hoërskole, 11 to 15 September vir laerskole met die finale gala aand wat op 19 September plaasvind.

Vir inskrywings gaan na https://tinyurl.com/revue23. of www.revues.co.za .

Vir meer inligting kontak Monica Booysen op 011 815 3000 of stuur ‘n epos aan info@lefra.com.

LEES OOK: Hans Moore wen drie revue titels

LEES OOK: Kolwer slaan rekord vir ses

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button