Local newsSchool sportSchools

Waggie kry geleentheid om internasionaal te speel

Ondersteuning is nodig om Damian Minnaar se rugbydrome te bewaarheid.

Stil en bedees staar Damian Minnaar (15) uit oor Hoërskool Brandwag se rubgyvelde.

Oefening en kragmetings op dié veld het daartoe gelei dat hy en vier spanmaats gekies is om deel te vorm van die Blue Runnings Sport International toer, na Argentinië, in Desember.

Nuus oor die o16s, Minnaar, Doan Nel, Johandré Pienaar, Liam du Plessis en Hanré Heydenrych se insluiting in die uitnodigings span, is aangekondig kort na die afloop van die Maritzburg College Skonk Nicholson Rugby toernooi, in April.

Hierdié Brandwagspan het tot dusver 20 wedstryde gespeel waarvan hulle 19 gewen het.

Damian Minnaar (15) ‘n haaker vir Hoërskool Brandwag se o16 rugbyspan, is gekies om deel te vorm van die Blue Runnings Sport International toer na Argentinië.

Hulle het verder 118 drieë aangeteken.

“Dit was ‘n groot skok om te hoor dat ek dié geleentheid gebied word,” sê die haaker.

“Ons het nie geweet dat daar keurders teenwoordig was nie, ek het net na die beste van my vermoë gespeel en ons het as span alles op die veld gegee.”

“Ek sien uit na die moontlikheid om my plek op die toer te kan inneem en so veel as moontlik te leer.”

Alhoewel die kranige rugbyspeler opgewonde is oor die geleenthede wat die toer mag bied, beteuel hy sy entoesiasme aangesien die toergelde tussen hom en sy drome staan.

“Ons is in 2019 tot op ons knieë geslaan, nadat Willem, Damian se pa, ‘n spinale besering by die werk opgedoen het,” sê Samantha Minnaar.

“Kort na ‘n noodoperasie is hy ook met ‘n rare siekte gediagnoseer en hy is sedertdien ongeskik verklaar. Hy kan dus nie werk nie.”

Met trane wat vlak lê, omhels die trotse pa sy seun wat byna so lank soos hy is.

“Die dag wat jy ‘n ouer word, word jou kind se drome die petrol wat jou aan die gang hou,” sê Willem.

“Dié jong man het al so baie moes verduur. Hy het my gemotiveer toe dit gevoel het asof die wêreld om my in tuimel en is ‘n rolmodel vir sy jonger boetie.

“Ek sal enige iets gee om te sien hoe hy op daardie vliegtuig klim en sy drome nastreef sonder om te kwel oor ons en die koste verbonde aan die toer.”

Een van die span se afrigters Derick Labuschagne, kyk toe hoe die spelers opwarm en sê dat Damian in die afgelope drie jaar uitmuntend gegroei het in ‘n hardwerkende en gedisiplineerde speler.

“Hy en sy spanmaats deel ‘n sterk broederskap wat gebou is op die fondasies van Christuswaardes,” sê Labuschagne.

“Dié geleentheid is ‘n eens-in-‘n-leeftyd ondervinding wat ek glo gaan baie deure vir ons spelers oopmaak.

“Ek hoop Damian sal ook die toer kan bywoon. Hy het uiters hard gewerk en verdien die geleentheid.”

Fondsinsameling
Om fondse vir die toer in te samel, wat R54 500 sonder visas beloop, nooi die Minnaar gesin, lede van die publiek uit om hul Barnyard Theatre The Hollywood Walk of Fame vertoning by Emperors Palace, te ondersteun.

Damian en sy pa, Willem Minnaar.

Geskose kaartjieverkope vir die 1 Oktober vertoning om 14:00 is ten bate van Damian.

Skenkings kan ook direk aan Blue Runnings Sport International (PTY) LTD gemaak word, Standard Bank rekening nommer 032 677 499, verwysing 2023_MC16/DMinnaar.

Vir meer inligting of kaartjiebespreekings skakel Samantha op 072 604 5346 of epos bouwersam@gmail.com.

Alternatief skakel Wilma Ornelas op 072 828 9242.

LEES OOK: Brandwag leerling die fikste tiener in die land

LEES OOK: Brandwag spog met 100% slaagsyfer

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button