Hoërskool Dr EG Jansen is trots om een van hul eie sterre in die kollig te sien! Leané Pienaar, ’n toegewyde en talentvolle tennisspeler, is onlangs vir die Oos-Gauteng O19B-span gekies - ’n besonderse prestasie wat haar harde werk en deursettingsvermoë beloon. Pienaar se toewyding op en van die baan het haar nie net as ’n kragtige speler nie, maar ook as ’n ware spanmaat onderskei. Hierdie prestasie maak dit duidelik dat sy gefokus, sportief en altyd bereid is om daardie ekstra hou t