Talle leerders het onlangs weer baat gevind by Solidariteit Helpende Hand se jaarlikse Skooltassie-projek.
Solidariteit Helpende Hand het weer met hul projek gesorg dat talle Graad Een-leerders reg is om die akademiese jaar aan te pak.
Die projek is daarop gemik om behoeftige Graad Eens te bemagtig om op dieselfde vlak as hul maats die skooljaar te kan begin.
Altesaam 30 tasse is vanjaar by Boksburg laerskole wat aansoek gedoen het (Laerskool Goudrand, Laerskool Van Dyk Park Primary) uitgedeel.
Elke tas is gevul met skryfbehoeftes en hulpmiddels soos potlode en gom.
Lees Ook: Helpende Hand het publiek se hulp nodig
Lees Ook: Helpende Hand samel skryfbehoeftes in vir minderbevoorregtes



