Local news

Helpende Hand ontvang welkome skenking van Voortrekkers

Helpende Hand is ‘n nie-winsgewende organisasie en daarom is ons totaal afhanklik van donasies vanuit die gemeenskap.

Die Susan Badenhorst Voortrekker Kommando het onlangs sy hart oopgemaak teenoor Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkel in Witfield.

Die kommando het sakke vol items, hoofsaaklik klere, skoene en speelgoed, aan die organisasie geskenk as deel van hul jaarlikse gemeenskapsprojek.

Lede van die kommando het die items deur die loop van 2023 ingesamel.

André Zeelie van die plaaslike Ons Winkel het die Voortrekkers vir die skenking bedank.

“Baie dankie vir al julle moeite, ons waardeer dit regtig baie,” het Zeelie bygevoeg.

Hier te sien is lede van die Susan Badenhorst Voortrekker Kommando en Solidariteit Helpende Hand Boksburg se Ons Winkel tydens die oorhandiging.

Susan Badenhorst Voortrekker Kommando is ‘n dinamiese jeugbeweging wat steeds van krag tot krag gaan.

Die beweging leef die norme van goeie Afrikanerskap, goeie burgerskap en Christenskap uit.

Lede kom elke Maandagmiddag tussen 17:15 en 18:15 bymekaar te NG Kerk Witfield, Lowtherstrtaat 65.

“Alle kinders van Graad R tot Graad Sewe en ook jong volwassenes wat in die hoërskool is word genooi om te kom kyk wat ons maak. Ons het ook uitstekend geleenthede vir ons werkende volwassenes en ouers in ons gemeenskap om betrokke te raak,” het kommandoleier Gerhard Marais verduidelik.

Vir meer inligting besoek www.transvaal.voortrekkers.org.za. Laai ook die Die Voortrekkers toepassingsprogrammatuur af op jou foon vanaf Google Play Store.

Lees Ook: Helpende Hand het publiek se hulp nodig

Lees Ook: Helpende Hand samel skryfbehoeftes in vir minderbevoorregtes

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button