Wen R10 000 vir jou skool deur Helpende Hand se projek te ondersteun
Die organisasie se doelwit is om die kringloop van armoede te breek deur kinders opleiding te bied sodat hulle selfsorgende volwassenes met ’n roeping in die lewe kan word.
Skole in Boksburg het nou die gulde geleentheid om R10 000 vir hul instansie te wen deur deel te neem aan die Ons Winkel Skolekompetisie, ‘n projek van Solidariteit Helpende Hand.
Die kompetisie moedig skole aan om bruikbare tweedehandse items soos klere, speelgoed, meubels en kombuisware in te samel en aan Ons Winkel Boksburg te skenk.
Die skool wat die meeste goedere insamel, sal met die kontantprys van R10 000 beloon word.
Daar is nóg ‘n manier om te wen
Skole wat daarin slaag om meer as 50 Helpende Hand-ondersteuners te werf, kom ook in aanmerking vir ‘n bykomende R10 000 prysgeld.
“Dis ‘n wonderlike kans vir skole om ‘n verskil in die gemeenskap te maak,” het die voorsitter van die plaaslike tak, Annerie du Pisanie, gesê.
Vir meer inligting oor die kompetisie, besoek https://oosrandhand.co.za/skolekompetisie/ of kontak Mariolette by 067 871 0135 of Annerie by 083 990 3624.
Also Read: Helpende hand wil senior burgers help met badkamersakkies
Also Read: Helpende Hand is dankbaar vir skenking



