BRIEF: Dankie dat daar nog mense is wie omgee
Stuur jou brief aan die redakteur na boksburgadvertiser@caxton.co.za
Nicolien Agnew van Sunward Park skryf:
Net ’n woord van dank aan die Boksburg gemeenskap!
Op 9 Junie, in Trichardtstraat in Boksburg-Noord, het my motor elektronies uitgesny en ek was gestrand.
Binne enkele minute het verskeie mense opgedaag om te vra of hulle kon help.
Sommige het selfs gevra of hulle net by my kon bly, maar ek het verduidelik dat my man op pad is.
Ons kon nie die motor uit die pad stoot nie omdat dit ’n outomatiese voertuig is.
Daar was mense wat selfs aangebied het om battery te toets. Ek het nie gedink daar so baie mense wat nog omgee nie. Baie dankie aan almal daardie dag vir julle hulp en bystand!
Lees Ook: LETTER: This donation warms our hearts
Lees Ook: LETTER: Wow, Boksburg has turned a corner!



