Local news

Helpende Hand bring hoop met Kersprojek

’n Eenvoudige boks maak ’n groot verskil - só het Boksburg se gemeenskap Kersfees laat leef.

Die Solidariteit Helpende Hand Boksburg-tak het onlangs weer bewys dat ware Kersfees nie in geskenke gemeet word nie, maar in omgee.

Danksy die samewerking van toegewyde lede en gemeenskapslede is verskeie bejaardes en kinders se feestyd aansienlik verhelder deur die tak se suksesvolle Kersboks-projek.

Lees Ook: Solidariteit Helpende Hand bring weer hoop met tassie-projek

Die projek, wat daarop gemik is om senior burgers wat dikwels in stilte leef te ondersteun, het besonders goed verloop. Volgens die tak kon hulle met hierdie inisiatief nie net praktiese hulp bied nie, maar ook hoop en menswaardigheid oordra.

Tien bejaardes is vir die projek geïdentifiseer, met gemeenskapslede wat ’n persoonlike geskenkboks vir elke ontvanger saamgestel het. Die bokse het basiese toiletware en klein bederfies bevat.
Sommige kinders het ook ’n boks ontvang.

Lees Ook: Solidariteit Helpende Hand Oos-Rand streef daarna om ‘n hoopvolle toekoms te bou

“Ons Kersfees-projek het baie goed gegaan. Die Boksburg-tak wil elkeen wat gehelp het om die Kersbokse op te maak hartlik bedank. Die projek is ’n bewys van wat moontlik is wanneer ’n gemeenskap saamstaan om ’n verskil te maak,” het die takvoorsitter Annerie du Pisanie gesê.

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button