Leef jou Afrikanerhart uit by Inspan Volkspelelaer
Die gemeenskap word aangemoedig om betrokke te raak by die laer.
Koester jy ’n Afrikanerhart en ’n liefde vir ons kultuur?
Trek dan jou dansskoene aan en geniet ’n vrolike tiekiedraai saam met Inspan Volkspele Laer.
Inspan nooi belangstellendes uit om deel te word van die laer en saam tradisie en gemeenskap te vier.
Lees Ook: Volkspele leef steeds voort in Boksburg
Die laer is op 13 Desember 1965 gestig, met die eerste volkspele wat onder leiding van Frans Nolte in die saal van Hoërskool Dr EG Jansen aangebied is.
Volkspele, wat sy wortels het in Afrikanerpieknieks van die 19de eeu, is meer as net dans. Dit is ’n kultuurerfenis, ’n gemeenskapsaktiwiteit.
Volgens Inspan se sekretaresse, Marita van der Walt, is volkspele ’n kuns wat jy aanleer, maar wat in jou hart moet wees.
’n Beweging wat in 1914 begin het
Volkspele het begin toe Dr Samuel Henri Pellissier, ’n jong onderwyser, in 1914 besluit het om die informele speletjies van Afrikanerjeug te organiseer en te bewaar.
Ná ’n besoek aan Swede, waar hy die land se volksdanskultuur ervaar het, het hy besef dat Afrikaners hul eie musiek en danse as waardevolle kulturele besittings moes begin beskou.
Also Read: Inspan Volkspelelaer soek nuwe lede
Wat begin het as eenvoudige speletjies soos Jolly Miller en Japie my Skapie, het ontwikkel tot ’n gesamentlike beweging wat Afrikaners oor geslagte heen verbind het.
Inspan-lede kom elke Dinsdag om 18:45 by Witfield Park Aftree-oord byeen, waar jonk en oud welkom is.
Vir meer inligting kontak Marita van der Walt, sekretaresse, by 074 116 5497.



