Die Inspan Volkspelelaer nooi die gemeenskap uit na hul jaarlikse saamtrek by Witfield Park Aftree Oord, Boksburg.
Kom geniet ‘n ontspanne middag van Volkspele, samesang en lekker verversings op 12 September, vanaft 15:00 tot 18:30.
Toegang is gratis maar ‘n R60 pakket kry jou ‘n heerlike ligte ete, roomys nagereg en koeldrank.
Witfield Park is op die hoek van Pitout en Kettles strate.
Bevestig jou teenwoordigheid teen 4 September met Marita by 074 116 5497 of Charmaine by 076 382 8496.
LEES OOK: Leef jou Afrikanerhart uit by Inspan Volkspelelaer
LEES OOK: Voortrekkers span saam om speelgrond op te kikker





At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



