Schools

Leerders opgewonde om te lees na besoek van bekende skrywer

Die leerders het die skrywer se besoek geniet en is nou opgewonde om te lees.

Volgens die bekroonde skrywer Fanie Viljoen help boeke nie net om jou woordeskat uit te brei nie, maar ook om jou selfbeeld ‘n hupstoot te gee.

Dit is aangesien jy oor karakters lees en besef dat jy dalk nie so vreemd is soos wat jy gedink het nie.

Fanie het op 4 Augustus ‘n besoek by Laerskool Concordia afgelê en leerders in die saal toegespreek.

Die skrywer het hulle onder andere meer geleer oor sy boeke soos Ouma Mollie gaan terug skool toe, Monsterrugby en Flippie word ‘n vlieg.

Die leerders het aan sy lippe gehang en selfs van die wat hul hande opgesteek om te sê hul hou nie van lees nie, is nou opgewonde om ‘n boek op te tel.

As ‘n verrassing vir Fanie, het van die skool se Graad Sewe leerders ‘n video gemaak waarin hul interessante feite oor hom deel.

Lees Ook: Concordia skaakspelers maak trots

Lees Ook: Concordia hokkie bokkie gekies vir Oos-Gauteng span

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button