Schools

Concordia maak hul hart oop teenoor die Boksburg DBV

Die organisasie is dankbaar vir die skenking aangesien hulle altyd kos vir die diere benodig.

Laerskool Concordia het onlangs die vierpotige vriende by die Boksburg DBV bederf met ‘n skenking as deel van ‘n leier-projek war daarop gemik is om ‘n verskil in die gemeenskap te maak.

Die skenking sluit in kos vir honde en komberse wat sal help om die diere warm te hou gedurende die winter.

Tydens die oorhandiging het die leerders dit ook geniet om die diere by die DBV te sien.

In hierdie is Zijan Otto, Dean Jordaan, Marenique van Rensburg, Zané van Dyk en Emma Mathey het die skenkings aan die Boksburg DBV oorhandig.

Dit is tradisie vir die skool se leiers om op ‘n jaarlikse basis die DBV te ondersteun en die skool hoop om die organisasie volgende jaar twee keer te ondersteun.

Vicky Finnemore, bestuurder van die Boksburg DBV, bedank die skool en elke onderwyser, leerder en ouer wat bygedra het bedank vir die barmhartige gebaar.

“Ons is dankbaar dat hulle aan die diere dink in die winter,” het Finnemore gesê.

Also Read: Concordia hokkie bokkie gekies vir Oos-Gauteng span

Lees Ook: Skenk bloed by Concordia

   

Related Articles

 
Back to top button