Entertainment

Alba Vorster sing oor verlange en laat jou voel jy’s nie alleen nie.

Die enkelsnit, Ek Mis Jou Vry, is ’n pop/rock-liedjie oor die einde van ’n verhouding of vriendskap

“Ek wou hê mense moet besef dis aanvaarbaar om iemand te mis, maar ook om te weet dat dit vir die beste was.”

Dít is die boodskap wat Alba Vorster, die talentvolle jong sangeres van Parkrand, hoop om met haar nuwe enkelsnit, Ek Mis Jou Vry, oor te dra.

Alba het ook ’n sterker rock-klank in die liedjie ingebring en verduidelik: “Hierdie liedjie was vir my die maklikste om oor te skryf en in die rock-genre te sing.”

As ’n tiener voel sy veral verbind met hierdie tema, aangesien baie jongmense hierdie emosies ervaar.

Sy glo dat haar musiek vir elke luisteraar iets persoonliks moet beteken.

“Ek sê altyd dat dat almal hulle eie opinie moet hê oor die liedjies wat ek skryf. Ek maak liedjies vir mense om self te interpreteer en op hul eie manier te ervaar,” sê sy.

Sy hoop dat Ek Mis Jou Vry luisteraars sal help om hulle eie ervarings beter te verstaan.

Wat hierdie enkelsnit spesiaal maak, is die unieke verwerking en die rou emosie wat sy daarin vasgevang het. Sy waardeer self die verwerking van die enkelsnit en hoop dat ander mense dit ook sal geniet. Sy wil hê mense moet regtig luister na die boodskap en dit in hulle eie lewens toepas.

Alba sien uit na die toekoms en beplan om nog meer musiek uit te bring voor die einde van die jaar. Sy geniet die reis as kunstenaar.

Meer oor Alba
Alba Vorster is ’n Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer wat haarself vinnig as ’n vars en dinamiese stem in die musiekbedryf vestig. Haar musiek weerspieël haar persoonlike ervarings en emosies, en sy is veral bekend vir haar eerlike en diep lirieke.

Haar grootste hoogtepunt tot dusver was haar optrede by die Trots Afrikaans-fees in Nederland saam met top Suid-Afrikaanse kunstenaars.

Alba se passie vir musiek het haar reeds na internasionale verhoë geneem, en sy sien uit daarna om haar loopbaan verder te bou. Sy is vasbeslote om haar unieke styl en stem te behou terwyl sy aanhou skryf, optree en haar liefde vir musiek met die wêreld deel.

Lees Ook: Alba vind liefde onder die Straatlig

Lees Ook: Alba bring sokkie ritmes met enkelsnit

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button