NewsSchools

Anker se o-14’s in Valke-finaal

Hoërskool Die Anker se 0-14a rugbyspan het onlangs gesorg vir nog ‘n eerste vir die skool.

Dié span het vroeër, in die Valke makroskole-half-finaal teen Vereeniging Gimnasium in ‘n titaniese stryd gespeel, en gelykop met 17 punte elk geëindig.

Na die uitslag het die span op ‘n tegniese punt deurgedring na die Valke makroskole-finaal, wat volgende Saterdag gespeel word.
“ Dit is die eerste keer dat ‘n A-span van Die Anker in die Valke makroskole-finaal sal speel,” het Rocky Truter, sportdirekteur van Die Anker gesê.

“Ons is maar nog ‘n jong skool; slegs agt jaar oud.
“Die skool het aanvanklik in die grootskole-liga gespeel, maar ons het baie vinnig gegroei en dit is nou die derde jaar dat ons in die makroliga meeding.
“Hier moet ons teen skole soos Monnas, Waterkloof en HTS Middelburg speel, vir die gesogte Beeldtrofee. ”
Die kompetisie is hard maar baie lekker en dit is goed vir ons skool se rugby.

“Die blootstelling wat die seuns in ons skool kry is ongelooflik.
“Ons het vanjaar o-16 Valke spelers, ‘n o-16 Grant Khomo speler, o-18 Valke spelers en ‘n o-18 Cravenweek speler opgelewer.
“Dan is daar ook ook Gerrie Labuschagne, wat in Januarie ‘n Olimpiese goue medalje teruggebring het, na sy deelname in die Springbok o-18 sewesspan.
“Die o-14-span, wat deurgedring het na die finaal, is regtig goed gebalanseerd met krag, spoed en balvaardighede.

“Dit is vir my aangenaam om te kan sê dat hierdie groep seuns almal uit hulle eie wil in Die Anker is, daar is geen beurse of gekoopte spelers nie.
“Almal is by Die Anker omdat hulle daar wil wees en omdat hulle glo dat Die Anker die beste skool vir hulle is.”
Die o-14 A-span sal teen Kempton Park in die finaal speel en ook deurdring na die Beeldtrofee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button