Local newsNews

Man keer dat huis brand

‘n 22-Jarige man se vinnige optrede het Vrydag waarskynlik daartoe gelei dat ‘n brand, in ‘n huis in Brenthurst, nie buite beheer geraak het nie.

Douw Grobler was om ongeveer 12-middag saam met sy pa, Douw snr, in hul erf, te 24 Bothastraat, besig, toe hulle ‘n geskreeu by hul hek gehoor het.

“Dit was ‘n jong vrou, wat oorkant ons bly, wat gesê het dat hul kombuis aan die brand is,” het Douw vertel.

“Ek het haar gevra of sy al die brandweer gebel het en sy het gesê nie; ek het dit sommer so in die hardloop gedoen.

“Toe ek by die huis kom het ek gesien dat die kombuis aan die brand was.

“Ek het die vensters gebreek en met die tuinslang die brand onder beheer gebring.”

Volgens Douw was die brandweer gou op die toneel, maar die vuur was toe reeds geblus.

“Die brandweermanne het seker gemaak dat alles onder beheer was en hulle het ‘n gasbottel, wat in die kombuis was, na buite geneem,” het Douw gesê.

Hy kon nie die vrou, wie hy te hulp gesnel het, se naam verskaf nie en pogings van die Herald om met haar inverbinding te tree was ook onsuksesvol.

“Ek dink ek het maar net gedoen wat enige ander persoon sou doen. Daar was geen manier dat ek net sou terugstaan en kyk hoe iemand se huis afbrand nie,” het Douw vertel.

“Ek is net baie bly dat die skade tot die kombuis beperk kon word en dat niemand seergekry het nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button