Editor's noteLocal newsNews

Moenie so uitgevang word nie

Die polisie het die waarskuwing aan die publiek gerig, nadat talle mense die afgelope tyd met ‘n slapriem gevang is.

Volgens kapt Joep Joubert, woordvoerder van die Brakpan SAPD, is daar oneerlike persone wat opreg geteelde honde oor die internet te koop aanbied.

Die mense vra tot R10 000 vir ‘n hond en, wanneer iemand belangstelling toon, word ‘n deposito en sekere gelde vir die honde se intenting ens, vooraf vereis.

“Die kopers word dan versoek om ‘n gedeelte van die bedrag waarvoor die honde verkoop word, in ‘n rekening te betaal, en dan verbreek die koper alle kontak,” het Joubert gesê.

“Dit is bitter moeilik om hierdie mense te prober vastrek, aangesien hulle telefoonnommers en bankbesonderhede gereeld verander,” het Joubert gesê.

Hy het voorgestel dat mense eerder honde by ‘n goed gevetigde plek met ‘n goeie reputasie sal koop, of dat alle besonderhede van die hondeteler goed nagevors word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button