
Volgens inligting van die SAPD, het die man (28) en sy 27-jarige verloofde om ongeveer 8nm by ‘n famililid se huis in Wordsworthstraat aangekom.
Die man het sy verloofde se wit Volkwagen Polo in die erf getrek, terwyl sy die hek gaan toemaak het.
Hy het haar hoor gil en opgemerk dat wee kapers in die erf gekom het.
Een van die kapers het ‘n vuurwapen op hom hom gerig en hom beveel om uit die voertuig te klim.
Die man moes sy beursie, skoene en selfoon oorhandig, terwyl hy deur een van die kapers met ‘n pistol gelaan is.
Volgens inligting, het die man probeer terugveg, waarna nog twee kapers bygekom het.
Op dié stadium het ‘n voertuig van die EMPD verby gery en vermoedelik besef wat besig was om te gebeur.
Die bestuurder van die voertuig het die voertuig se blou ligte aangesit en die sirene aangeskakel.
Dit het veroorsaak dat die kapers in hul slagoffers se kar en hul wegkom voertuig gespring en weggejaag het.
Hulle is deur die EMPD voertuig agterna gesit, maar kon daarin slaag om weg te kom.
Die kapers het ook met die vrou se verloofring, ander juwele, selfoon, skootrekenaar en handsak weggekom.
Die saak word ondersoek.