CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Motoriste moet voorvalle aanmeld

Motoriste moet daarvan bewus wees dat hulle slegs van die pad afgetrek en hul voertuie deursoek kan word deur lede van die SAPD of van die verkeerspolisie.

Volgens die woordvoerder van die Brakpan Polisiestasie, kapt Joep Joubert, was daar onlangs voorvalle waar motoriste se voertuie deursoek is deur persone wat geen magtiging het om dit te doen nie.

“Ons wil ‘n beroep op die publiek doen om sulke voorvalle onmiddellik aan ons te rapporteer,” het Joubert gesê.

Kapt Joubert het ook aangedui dat die Brakpan Polisiëringsforum môre (Saterdag) ‘n stalletjie by die Just Wheels motorskou sal hê.

Die motorskou word by Muriel Brandskool gehou en die publiek wat graag by die forum wil aansluit, of meer inligting daaroor wil bekom, kan ‘n draai by die stalletjie gaan maak.

“Ons moedig die publiek aan om by die Polisiëringsforum aan te sluit. Die forum dien as ‘n skakel tussen die SAPD en die publiek,” het Joubert gesê.

Hy het bygevoeg dat die publiek wat ongeruimdhede ten opsigte van die voorkeer en deursoeking van voertuie wil aanmeld, dit ook op dié dag by die Polisiëringsforum se stalletjie kan doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button