Kermis bied iets van alles
Verteenwoordigers van Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) gaan ook teenwoordig wees by die NG Kerk, Brakpan-Wes se “Winter Warm Wes Kermis”, wat volgend Saterdag (31 Mei) gehou word.
Die publiek sal die geleentheid kry om met lede van die vereniging se ondersteuningsgroepe van Spring en Brakpan te gesels.
Daar sal ook gratis toetse soos borsondersoeke en prostaattoetse, in ‘n goed toegeruste mobiele eenheid gedoen word.
Enigiemand wat meer inligting oor enige aspek van kanker wil hê word uitgenooi om die mense van Kansa by die kermis op te soek.
‘n Ander hoogtepunt sal die saamtrek van sowat 20 Subaru motors wees. Daar sal ook ‘n uitstalling van Volkswagens en Mini’s wees.
Vermaak sal deur die loop van die dag aangebied word en die organiseerders het die versekering gegee dat die tafels gaan kreun onder heerlike kos.
Die kermis vind op die sportgronde van Laerskool Die Arend plaas. Toegang is gratis en almal is welkom.



