Editor's choiceLocal newsNews

Dowe wil nou net werk

Alexander Potgieter laat nie toe dat sy gebrek enigsins in die pad van sy toekomsdrome staan nie.

Die 25-jarige man was in 2012 baie trots toe hy sy bestuurderslisensie ontvang het, en onlangs het hy weer sy bors ver uitgestoot toe hy ‘n CNC-kursus in draaiwerk (turning) met sukses afgehandel het.

Vir die gewone man op die straat sou dié twee uitdagings dalk eenvoudig en alledaags wees, maar nie vir Alexander nie.

Hy is heeltemal gehoor gestremd en maak staat op liplees en gebare taal om oor die weg te om.

Die Herald het in 2012 berig oor sy groot stryd om sy bestuurderslisensie te kry. (Rybewys is dowe se groot droom).

Dit het jare geneem om iemand te kry wat bereid was om saam met Alexander deur al die vrae, wat gepaardgaan met die aflê van ‘n bestuurderlisiensie, te gaan.

Uiteindelik het ‘n persoon van ‘n bestuurskool tot Alexander se redding gekom en ondermeer speelgoedkarretjies gebruik om aan hom te demonstreer wat die padreëls behels.

Daar was groot vreugde toe hy dié eksamen afgelê en geslaag het.

Alexander se nuutse trots is die feit dat hy die CNC krusus in draaiwerk voltooi het.

Hy het opleiding by Imbali Training in Apex ontvang en het sy kursus goed geslaag.

Die kursus stel Alexander in staat om op sekere masjiene en draaibanke te werk.

“My enigste doelwit is om nou ‘n werk te kry,” was sy boodskap aan die Herald.

Volgens sy pa, Leon, het Alexander hard gewerk om die kursus te voltooi en was dit vir hom, soos met alles wat hy aanpak, belangrik om dit goed te doen.

“Sy opleidingsbeampte, Tyron Meyer, het baie geduld gehad en ons is ook dank verskuldig aan die prinsipaal van die opleidingsentrum, Pierre Palm,” het Leon gesê.

“Dit sal wonderlik wees as daar iemand daar buite is wat dit sal oorweeg om vir Alexander ‘n werk aan te bied.”

Leon kan by 076 952 5398 gekontak word.

.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button