
“Talle positiewe reaksie is reeds van sovêr as die Wes-Kaap, Kwazulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo, die Noord-Wes asook die Vrystaat ontvang,” het een van die organiseerders, Lodi le Roux, gesê.
“Dit is duidelik dat die oud-Stoffies opgewonde is om hul skoolvriende en oud-onderwysers na jare weer te ontmoet.”
Volgens le Roux was daar talle navrae rakende die program vir die naweek en ook oor wie die verskillende aktiwiteite mag bywoon.
Die reëlings is soos volg:
* Op Vrydag, 17 Oktober, word daar vanaf 6nm ‘n vingerete in die ou skoolsaal aangebied, gevolg deur ‘n vermaaklike samekoms in die Peet Aucampsaal (die nuwe skoolsaal). Die gaskunstenaars by die geleentheid is die sanger André Swiegersm, Lieb Bester van Villa Rosa-faam, asook Pieter van den Berg van RSG Sport, almal oud-Stoffbergers.
Alle lede van die publiek is welkom by die geleentheid. Persone wat kaartjies vir die vermaak in die Peet Aucampsaal wil koop kan ook die vingete geniet.
* Op Saterdag, 18 Oktober, word daar vanaf 9vm ‘n spitbraai aangebied teen ‘n minimale koste van R20 per persoon. Tydens dié geleentheid sal daar ook ‘n oudleerlingevereniging gestig word.
Om die spitbraai by te woon word oud-leerlinge versoek om ‘n registrasievorm te voltooi. Dié vorms is beskikbaar by die Hoërskool Stoffberg en vorms sal ook tydens Vrydagaand se samekoms beskikbaar wees.
Slegs oudleerlinge van die oorspronklike Hoërskool Stoffberg, Hoër Seunskool Stoffberg, Hoër Meisieskool Stoffberg en die huidige Hoërskool Stoffberg sal by die spitbraai toegelaat word.
* Op 18 Oktober, om 6nm, vind die reünie dinee van die 1964 matrieks van die Hoër Seunskool Stoffberg by die Cosy Corner Moth Klub, in Brenthurst, plaas. Die dinee is uitsluitlik vir die 1964 matrikulante, die huidige skoolhoof en oud-onderwysers.
* Op Sondag, 19 Oktober, word ‘n dankdiens by die NG-gemeente Brakpan-Wes gehou, Alle belangstellendes kan dit bywoon.
Vir enige navrae kan Lodi le Roux by 081 844 4154 of 011 740 6221 geskakel word.



