Editor's choiceNewsSchools

Megan (12) hoop sy kan ‘n verskil maak

Megan Kruger (12), ‘n titelhouer in haar ouderdomsgroep van die Face of Lady Gracious 2015, probeer ook om 'n verskil te maak.

Sy het onlangs saam met die ander wenners van die Sir/Lady Gracious kompetisie die geleentheid gehad om op Valentynsdag uit te reik na minderbevoorregdes, by die New Beginnings Foundation, in Boksburg.

Die titelhouers het teddiebere en klere by dié organisasie uitgedeel.

“Ek is trots om deel van Lady Gracious te wees en dit was ‘n voorreg om ‘n klein verskil in iemand, wat minderbevoorreg is, se lewe te maak,” het Megan gesê.

”Ek daag almal wat my ken uit om ook in te skryf vir die Lady Gracious kompetisies en om ook op dié wyse, saam met my, minderbevoorregde mense te help.”

Inskrywings vir die Lady/Sir Gracious kompetisie is nou oop en belangstellendes kan die organiseerder, Suret Ströh, by 081 089 9992 kontak, of sien meer op die Lady Gracious Facebookblad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button