CrimeNews

Kabeldief brand erg, lê vir twee dae sonder mediese hulp

’n 28-Jarige man wat glo kabels probeer steel en erg verbrand het, het verlede Donderdag in die Chris Hani Baragwanath Hospitaal aan sy wonde beswyk.

Volgens inligting van die SAPD het dié man nie dadelik na die voorval mediese hulp probeer kry nie en hy het glo vir twee dae met erge brandwonde aan sy arm en bolyf gelê voordat hy na die hospitaal geneem is.

Brakpan polisiewoordvoerder, kapt Joep Joubert, het gesê dat die man saam met nog vier ander op 3 September gepoog het om kabels by ’n substasie in Prince Georgelaan te steel.

“Daar is probeer om die kabels af te saag en die man het erg gebrand toe hy geskok is,” het Joubert gesê.

Die beseerde man het glo na sy woonplek, wat in ’n hotel in die dorp is, teruggekeer waar hy blykbaar vir twee dae sonder die nodige mediese hulp klaargekom het.

“Hy is daarna in ’n ernstige toestand na die Chris Hani Baragwanath Hospitaal vervoer,” het kapt Joubert verduidelik.

Kapt Joubert het mense gewaarsku om nie hierdie vorm van misdaad aan te pak nie.

“Daar is altyd ’n kans dat die oortreders geskok kan word, met ernstige nagevolge soos in hierdie geval,” het Joubert gesê.

Die moontlikheid dat van die ander mans wat ook betrokke was, beseer is word nog nie uitgeskakel nie.

Die saak word ondersoek.

Lees ook:

Hekmotor diewe is baie bedrywig

Lede van SAPD rand jong man glo met graaf en boutsnyer aan

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button