CrimeNews

Rowers breek by huis in en skiet eienaar in die maag

‘n 67-Jarige man van Brakpan-Noord is gister oggend (Dinsdag) ongeveer 4vm in sy huis deur twee rowers oorval en in die maag geskiet.

Volgens inligting van die Brakpan SAPD het die man, wat in Mc Kenziestraat woon, wakker geword toe die sekuriteitsalarm geaktiveer is.

Die man het opgestaan om ondersoek te gaan instel. Hy het hom, in die gang, teen die inbrekers vasgeloop en is toe in die maag geskiet.

Die rowers het hierna na die slaapkamer gegaan, waar die man se vrou weggekruip het.

Die booswigte het ‘n televisie, juwele, selfone en kontant bymekaar gemaak en daarna uit die huis gevlug.

Volgens die polisie het die inbrekers toegang tot die huis verkry deur die diefwering voor ‘n venster van ‘n woonvertrek oop te forseer.

Die beseeerde man is na die Netare Union Hospitaal in Alberton vervoer.

Die inbrekers was, volgens inligting, baie agressief en het Engels gepraat.

Beide is in hul vroeë twintigs.

Enigiemand met inligting word versoek om die Brakpan SAPD by 011 744-4940 te kontak.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button