NewsSchools

Leerders woeker steeds met hul talente

Die leerders sal Frankryk en Duitsland besoek.

Vyf leerders aan die Hoërskool Dr EG Jansen, wat almal in Brakpan woon, of hul laerskool loopbane op die dorp voltooi het, blink steeds uit op die atletiekbaan en het die geleentheid om aan die einde van Junie op ’n atletiektoer na Europa te gaan. Die leerders sal Frankryk en Duitsland besoek.

Die uitblinkers is:

• Jaun Oelofse (o-15) ’n oud-leerder van die Laerskool Dalview (100m, 200m, 400m en verspring).

• Mauritz Lottering (0-15) wat ’n oud-leerder van die Laerskool Brakpan-Oos is (hoogspring).

• Chinique Joubert (o-16), ’n oud Dalwer (hoogspring).

• Wessel van der Nest is tans ’n graad sewe leerder aan die Laerskool Northmead, maar woon in Brakpan. Hy blink uit in die 100m, en 200m hekkies. Alhoewel hy eers volgende jaar ’n leerder van Dr EG Jansen sal wees, beplan hy om die toer mee te maak.

• Marijke Hoeksema (o-14), wat ’n oud Oosie is, presteer goed in die 200m, 400m asook die 300m hekkies sowel as verspring en aflos.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button