Editor's choiceLocal newsNews

Baba wat in smeulende as val, herstel goed

“Ons is baie dankbaar dat Cuyres deur hierdie aaklige ondervinding gekom het en dat hy darem weer glimlag.”

Die seuntjie wat in Februarie in ‘n gat smeulende as by die Jan Smutspark geval en erg geband het is op die herstelpad.

Die Herald het die week by Cuyres Kearney (hy het intussen een jaar oud geword) gaan inloer en dié keer was daar ‘n glimlag en wakker ogies.

Sy ma Bianca Kearney (24) het gesê dat die wonde aan sy arm en been mooi genees het en dat dit goed gaan met haar kind.

“Ek hou nog die been en arm toe, want dit jeuk van tyd tot tyd en dan krap Cuyres nog ‘n bietjie,” het Bianca gesê.

Bianca (24) en haar man, Duane (27), het op 12 Februarie net na 12middag by die Jan Smutspark aangekom, om saam met Cuyres en hul twee ander kinders, Caleb (5) en Joshua (3), te ontspan.

Die kleintjie, wat pas begin loop het, het van ‘n kombers af beweeg en in ‘n gat met smeulende as geval.

Bianca was besig om glasstukke, wat rondgelê het, op te tel en Duane se aandag was op daardie tydstip by Caleb, wat vir koeldrank gevra het.

Cuyres se ouers het dadelik opgetree en met ‘n groot skok besef dat die kind erg gebrand het.

Hy is na ‘n hospitaal geneem waarna sy ma en ‘n vriendin hom tuis versorg het.

Dit was veral die pinkie en die vinger langs sy pinkie wat erg gebrand het, maar hy het ook brandwonde aan sy knie opgedoen.

“Ons is baie dankbaar dat Cuyres deur hierdie aaklige ondervinding gekom het en dat hy darem weer glimlag,” het Bianca gesê.

Lees ook:

Baba brand erg toe hy in smeulende as val

Baba op herstelpad na hy in as val

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button