CrimeNews

Geen borg vir Jordaan verdagtes

Die twee word aangekla van Jordaan se moord, besit van ongelisensieerde vuurwapens, roof met verswarende omstandighede, asook die besit van ‘n gesteelde voertuig.

Die twee verdagtes wat gearresteer is vir die moord op maj Coert Jordaan (39) is Vrydag borg geweier toe hulle vlugtig weer in die Springs Landdroshof verskyn het.

Beide die verdagtes het Donderdag in die hof verskyn waarna die saak tot Vrydag uitgestel is. Slegs een van die mans het aansoek om borg gedoen.

Landdros Cornel Pretorius het die aansoek om borgtog geweier.

Die twee word aangekla van Jordaan se moord, besit van ongelisensieerde vuurwapens, roof met verswarende omstandighede, asook die besit van ‘n gesteelde voertuig.

Maj Coert Jordaan, wat die bevelvoerder van die Ekurhuleni Metro Polisiediens se Berede Eenheid was, is op 27 Januarie 2016 vermoor terwyl hy by Aston Lake, in Springs, visgevang het.

Sy liggaam is op die dag, ongeveer 2.30nm, in die gras ontdek. Daar was steekwonde aan sy liggaam.

Lees ook:

EMPD lid langs viswater vermoor

Majoor Coert Jordaan se vrou praat met die Herald oor haar man se dood

Moord op maj Jordaan: Ma praat

Honderde betoon laaste eer aan vermoorde maj Coert Jordaan

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button