Editor's noteLocal newsNews

Bekende bedelaar sterf in hospitaal

Hy het tydens sy onlangse onderhoud met die Herald gesê dat hy graag sy omstandighede sou wou verbeter.

Die man wat die afgelope sowat twee jaar by ’n verkeerslig in Springsweg gestaan het om geld bymekaar te maak, is Vrydagoggend oorlede.

Jan Botha (64) was ’n bekende gesig in die dorp en die Herald het onlangs berig oor sy stryd met ’n besering aan sy voet wat hy opgedoen het toe hy verlede jaar deur ’n motoris raakgery is (‘Jan laat hom nie onder kry nie’).

Volgens Botha se seun, Johan (43) was sy pa onlangs in die hospitaal en nadat hy ontslaan is het hy weer teruggekeer na sy blyplek in Brakpan-Noord.

“Hy is egter verlede week weer opgeneem en is Vrydagoggend in die hospitaal oorlede,” het Johan gesê.

Botha is gedurende Maart verlede jaar deur ’n motoris, op die plek waar hy altyd gestaan het om geld bymekaar te maak, raakgery.

Na die ongeluk is Botha na die Verre-Oosrandse Hospitaal geneem waar hy vir twee maande gewag het voordat ’n operasie uiteindelik op sy voet uitgevoer is.

Die nadraai van Botha se besering het veroorsaak dat hy nie die normale gebruik van sy voet gehad het nie en dat hy basies op die kant van sy voet moes loop.

Alhoewel die ongeluk vir hom ’n groot terugslag was, het hy steeds positief gebly en het hy op sy manier ’n bestaan probeer voer.

Hy het tydens sy onlangse onderhoud met die Herald gesê dat hy graag sy omstandighede sou wou verbeter.

Benewens sy oudste seun Johan laat hy nog ’n dogter (40) en seun (30) asook sy ma (88) na.

’n Diens word Vrydag by die Loved Ones of God vir hom gehou.

Lees ook: 

Werklose hoor nie weer van motoris wat sy voet verpletter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button