Editor's noteLocal newsNews

AfriForum spreek probleme by begraafplaas aan

Volgens AfriForum sal die begraafplaas binnekort weer skoon, veilig en toeganklik wees danksy die organisasie se proaktiewe optrede.

Die AfriForum-tak in Brakpan het onlangs ’n vergadering met die Ekhurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit oor die toestand van die Brakpan-begraafplaas gehad.

Volgens AfriForum sal die begraafplaas binnekort weer skoon, veilig en toeganklik wees danksy die organisasie se proaktiewe optrede.

Dít volg nadat AfriForum op 28 Junie en 10 Augustus versoekskrifte aan die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM), oor die toestand van dié begraafplaas, gerig het.

Die burgerregte-organisasie het geëis dat die vervalle toestand van die begraafplaas aangespreek en dit op ’n volhoubare wyse skoongemaak word.

Die munisipaliteit is deur Denis Ing (uitvoerende departementshoof van parke), Harriet Bless (bestuurder van begraafplase) en Phillip Motsoene (begraafplaasbestuurder ) verteenwoordig. Tydens die vergadering het AfriForum die geleentheid gehad om ’n ondersoek by die begraafplaas te doen en verskeie probleme is aan die munisipaliteit uitgewys.

Dit sluit onder meer veiligheidsrisiko’s weens ’n gebrek aan sekuriteitsmaatreëls, onbeheerde toegang, vandalisme, vullisstorting, toegegroeide grafte en die verwaarlosing van die publieke toiletgeriewe in.

“Danksy volgehoue druk deur die AfriForum-tak in Brakpan het die munisipaliteit ’n span gestuur om met die skoonmaakproses te begin,” het Drummond Doig, ondervoorsitter van AfriForum se Brakpan-tak gesê.

“Die munisipaliteit het erken dat daar talle uitdagings is. Hulle het ingestem om hierdie kwessie te prioritiseer en gaan eersdaags nuwe hekke oprig,” het Doig bygevoeg.

“Ons sal die munisipaliteit met valkoë dophou en indien nodig sélf inspring om te verseker dat die begraafplaas skoon bly.”

Lees ook:

AfriForum maan Ekurhuleni oor slordige begraafplaas

AfriForum wil begraafplaas regruk

Begraafplaas is in haglike toestand

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button