CrimeEditor's noteNews
Moet nie vir die man se skelmstreek val nie
Inwoners van die dorp, maar veral in die Brenthurst omgewing, moet lig loop vir ’n jong man wat by huise omgaan met ’n nuwe slenter.

Volgens kapt Peet van der Schyff van die Brakpan SAPD was daar die afgelope tyd ten minste twee voorvalle waar die man mense probeer indoen het.
“Hy nader inwoners met ’n storie dat sy ouma aan natuurlike oorsake oorlede is en dat haar liggaam steeds in sy huis lê,” het Van der Schyff gesê.
“Sy storie is dat hy nie geld het om die liggaam te laat verwyder nie en dat hy R180 nodig het om ’n privaat ondernemer te kry om dit te doen.”
Volgens Van der Schyff is die jong man ongeveer 19 jaar oud en baie oortuigend.
Lees ook: Murder accused wife sent to Weskoppies
Volg ons:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



