Editor's noteNewsSchools

Hoërskool Die Anker se eerste rugbyspan onoorwonne in George

Die Anker het op dag een kragte met die Hoërskool Sentraal van Bloemfontein gemeet.

Hoërskool Die Anker se eerste rugbyspan het die afgelope Aprilvakansie aan die Suid-Kaap Skole toernooi in George deelgeneem en briljant gevaar.

’n Begeesterde Ankerspan het hul teenstanders uitoorlê en met ’n telling van 24-19 as wenners van die veld gestap.

Op dag twee moes Die Anker rekening hou met ’n vlugvoetige George High span.

Die wedstryd is gebruik om baie van die jonger seuns in die groep kans te gee om hulself te bewys. Nadat Die Anker halftyd agter was, het hulle goed terug geveg en die wedstryd met 19-10 gewen.

Op die laaste dag het Die Anker teen Hoërskool Milnerton van die Kaap gespeel.

’n Uitstekende wedstryd tussen die twee onoorwonne spanne was te wagte en het beslis nie teleurgestel nie. Die Anker het van meet af goed gevaar en hul beste rugby van die seisoen in die eerste helfte gespeel.

Lees ook: Die Anker bied ‘n rugbykliniek aan

Die voorspelers was klinies en doeltreffend en die agterlyn was opwindend.

Die Anker het Milnerton met 23-16 geklop en sodoende die week met drie wenne uit die drie wedstryde afgesluit.

Heelwat spelers het deur die loop van die week uitgestaan en ses spelers van die skool is ook gekies as deel van ’n toerspan wat later vanjaar in Nieu-Seeland gaan speel. Hulle is: Kobus Lesch, Declan Kleingeld, Danny Keiser Ricardo da Camara, Christiaan Theron en Ettiene Pretorius

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button