Editor's choiceLettersOpinion

Groot lof vir stoeier wat goud op Statebondspele verwerf

Martin Erasmus laat die inwoners nogsteeds gons oor die goue medalje wat hy verwerf het.

Heinrich Bruwer skryf per e-pos:

Vrydag was ek baie trots om ’n Brakpanner te wees. Ek is ’n oud-stoeier (het in Pretoria groot geword en daar gestoei maar woon al so drie jaar in Brakpan) so dit was met groot belangstelling dat ek die Statebondspele in Australië dopgehou het.

Martin Erasmus, wat ’n goue medalje in die 97kg vrystyl afdeling gewen het, het onverbeterlik gestoei.

Aan hierdie jong man wil ek sê baie, baie geluk. Nie net het jy jou dorp trots gemaak nie, maar die hele land.

Ek verneem dat jy ’n Brakpanner is wat ook hier skool gegaan het.

Mag jou loopbaan net van krag tot krag gaan. Geluk jong man. Geniet jou medalje en hopelik sal jy al die eer kry wat jou toekom.

Lees ook: Tune in to Martin Erasmus wrestling for gold in Commonwealth Games final

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button