Local newsNews

Skenk jou skoene en help ander

Die Brakpan SAPD het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om skoene en komberse te skenk aan die polisiestasie se jaarlikse skoenprojek “Geen Koue Voete” (ook bekend as “No Cold Feet”).

Die projek word in samewerking met die Brakpan gemeenskap polisiëringsforum gedoen en skenkings van nuwe of tweedehandse skoene in alle groottes sal welkom wees.

“Daar is veral ’n groot behoefte aan skoolskoene van alle groottes,” het Joep Joubert van die GPF gesê.

Lees ook: Só kan jy ’n verskil maak

Baba- en kinderskoene sal ook welkom wees.

Skenkings sal tot 15 Junie aanvaar word en kan by die Bakpan Polisiestasie afgelewer word.

Vir meer inligting kontak vir Adele de Jager by 073 787 3500 of Joubert by 082 557 9240.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button