Editor's choiceLocal newsNews

Welbekende inwoner van Brakpan oorlede toe hy van balkon af val

’n Welbekende inwoner van die dorp, wat deur die jare diep spore in die gemeenskap getrap het, is Maandagmiddag dood toe hy by sy vakansiehuis in Jeffreysbaai van ’n balkon afgeval het.

Steve Marx (73) was vanaf 1988 tot 1993 ’n raadslid van die dorp en hy en sy eerste vrou Gerda, was vir die 1992/93 ampstermyn die burgemeesterspaar van die dorp.

Gerda is in 1993 by die egpaar se huis aangeval en vermoor.

Marx is, volgens sy jongste seun Eugene (40), in Johannesburg gebore maar was ’n jarelange inwoner van die dorp, wat aan die Hoër Seunskool Stoffberg gematrikuleer het.

Marx het deur die jare sy eie besighede bedryf en was baie aktief by die destydse Brakpan Afrikaanse Sakekamer betrokke.

Hy het ook gedien op die beheerliggaam van die Laerskool Harmonie en die Hoërskool Stoffberg.

Lees ook: Voortrekkers leef hul visie uit

Hy is in 1994 met Winnie Marx (71) getroud en die egpaar was saam by hulle vakansiehuis toe die ongeluk plaasgevind het. Hulle permanente tuiste was steeds in Brakpan, waar hulle in Kenleaf gewoon het.

Volgens Eugene was sy pa besig met instandhoudingswerk. ’n Reëling van ’n balkon was glo los en Marx het van die balkon afgeval toe hy daarteen geleun het.

Hy is later in die hospitaal dood.

Marx laat ook ’n ouer seun Marius (49) en dogter Adele Coetzee (46), asook sy twee stiefkinders, Elsje Marais (45) en Pieter Roelofse (43) en 14 kleinkinders na.

Teen druktyd was die begrafnisreëlings nog nie gefinaliseer nie.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button