Graad sewe leerders aan die Laerskool Dalview het onlangs ’n beroepe-dag, waartydens die leerders kon aantrek volgens die beroep wat hul eendag wil volg, gehou.
Kaylee Calitz (links) en Henrico Mooi se koppe staan medies toe en hul wil graag suksesvolle dokters wees.
Die drie leerders lyk spoggerig in hul uniforms. Dian Joubert (links) wil graag ’n vlieënier word, Leoney Nel wil regte studeer en ’n advokaat word, terwyl Blanche Strydom ’n lugwaardin wil wees.