Op die foto is kinders van die Honkie Ponkie Opvoedkundige Sentrum (van links): Alicia Hanekom (6), Carli Potgieter (6), Kiara Roberts (5) en Zandri Daschner (6).
Honderde voorskoolse kinders het Saterdag deelgeneem aan Kinderkinetika se atletiekdag.
Die dag sorg gewoonlik vir groot opwinding en kleintjies van so jonk as ‘n jaar meet kragte op die atletiekbaan.
Die voorskoolse kinders van die Laerskool Dalview het ook deelgeneem.
Kleuterskole en graad R-klasse, van laerskole van die dorp, ontsien geen moeite om van die dag ‘n prettige en kleurvolle een te maak nie.
Ouers en kleuters van Laaities en Ladies.Amanda Kleuterskool se kinders staan reg vir die optog. Die kleuterskool se trompoppies het baie beïndruk.Trippe Trappe Trone Kleuterskool se kleintjies en ouers maak reg vir die optog.Oupa Phillip Davies was trots op sy twee kleinkinders wat ook aan die atletiekbyeenkoms deelgeneem het. Hulle is Zanru Davis (1, links) en Anje Davies (1).Rafiki Kleuterskool se kleintjies het die dag gate uit geniet.