Editor's choiceLocal newsNews

Inwoner wil soveel moontlik Bybels versprei

’n 57-Jarige inwoner van die dorp het die afgelope jaar sowat 140 Bybels onder die inwoners van die dorp versprei en hy wil graag die projek uitbrei.

Die Bybels, wat Thys McCarthy versprei het, is ook nie nuwe Bybels nie, maar wel Bybels wat hy van mense, wat sy projek ondersteun, ontvang het.

Sy uitreiking word net in Brakpan gedoen en hy noem sy projek Bybels vir Brakpan.

“Ek weet daar is in baie huishoudings een of meer Bybels wat nie meer gebruik word nie, hetsy dat iemand ’n nuwe een aangeskaf het of bloot nie meer die Bybel gebruik nie,” het McCarthy gesê.

Lees ook: Groep wat grafte herstel verdien elk ‘n medalje

“Daardie einste Bybel kan ’n groot verskil in iemand se lewe maak en daarom doen ek ’n beroep op my mede-inwoners (en ook inwoners van naburige dorpe) om my in hierdie saak te steun,” het hy bygevoeg.

McCarthy neem Bybels (in watter toestand ook al) oor waarna hy dit onder inwoners van die dorp wat ’n behoefte daaraan het, skenk.

“Ek het ’n kontak wat vernielde Bybels vir my herbind, dus sal ek met graagte ook Bybels wat nie meer in ’n goeie toestand is nie, ontvang.”

Persone wat ’n Bybel wil skenk of ontvang kan ’n e-pos na BybelsvirBrakpan@outlook.com stuur of stuur ’n SMS of WhatsApp na 072 755 8470.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button