Mikayla is baie tuis op die verhoog
Mikayla Smith (4) van Anzac het die beoordelaars om haar pinkie gedraai en was baie opgewonde oor al die trofeë wat sy ontvang het.
’n Jong inwoner van die dorp het verlede week by die Vision Elite Dance Eisteddfod, wat by die Tom Newby Skool in Benoni plaasgevind het, uitgeblink.
Die talentvolle danser het in die “modern class”-afdeling ’n A+ behaal en nadat sy teen ’n ander deelnemer in ’n finale rondte gedans het, het sy die trofee vir dié afdeling ingepalm.

Sy het ook ’n A-simbool vir klopdanse (tap) gekry en ’n A+ vir haar moderne solo dans.
Mikayla het ook tydens die prysuitdeling ’n trofee vir die beste moderne solo dans, vir die ouderdomsgroep sewe jaar en jonger, ontvang.
Lees ook: Talentvolle danser wil sy vlerke sprei
In ag genome dat sy maar vier jaar oud is, is die toekenning ekstra spesiaal.
Die skatlike kleintjie, wat al vir sowat twee jaar dans, vertel dat sy dit baie geniet en dat sy baie bly is dat haar “dans juffrouens”, Desire Ross en Lisa Boucher, haar so mooi leer.
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



