NewsSchools

Sonneveld Akademie bied nou ’n tegniese program aan vir almal

Die skool het reeds hul eerste drie graad 10 leerders, wat vir die tegniese program (N1-N3) in geskryf het.

Sonneveld Akademie het onlangs met Experts Projects and Training Solutions (PTS) ’n samewerkingsooreenkoms aangegaan waar beide instansies die tekort aan ingenieurs- en tegniese ambagte in die land gaan aanspreek.

’n Voordeel hiervan is dat die program ook saam met hul akademiese studierigting aangebied word.

Lees ook: Televisiespan besoek Sonneveld Akademie

Leerders wat vir die program inskryf kan aan die einde van hul matriekjaar nie net met ’n Umalusi-geakkrediteerde akademiese matriek spog nie, maar ook met ’n tenvolle gekwalifiseerde N3-kwalifikasie (Departement van Hoër Onderwys) wat hulle in staat sal stel om direk met ’n N4 – N6 ingenieurs studierigting voort te gaan.

Leerders met gewone wiskunde en fisiese wetenskap sal veral uit hierdie program baat.

Die program sal deur Willem de Lange van Sonneveld Akademie en Dr Johan Groenewald van PTS bedryf en aangebied word.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button