
Sy verskyning spruit uit ‘n voorval wat gisteraand (Donderdag) by die Cruise Inn Pub & Grub in Denneweg plaasgevind het.
Volgens inligting was daar ‘n vuisslanery tussen die oorledene (53) en die aangeklaagde.
Paramedici het die man op die toneel dood verklaar.
Die eienaar van Cruise Inn Pub & Grub, Barries Badenhorst (48) het vanoggend (Vrydag) aan die Herald gesê dat dit ‘n uiters ongelukkige voorval is.
“Ons betuig ons meegevoel met die oorlede se familie en sal, waar moontlik, ons bystand bied,” het hy gesê.
“Ons gee ook ons volle samewerking aan die polisie, wat met die ondersoek besig is,” het Badenhorst gesê.
Die naam van die aangeklaagde en die oorledene is bekend aan die Herald maar word op hierdie stadium weens regsredes weerhou.
Lees ook: Daily crime watch
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



