Die Anker het verlede Vrydag vir die tweede keer in drie jaar die Oos-Rand Engelse Interhoër-byeenkoms gewen.
Die byeenkoms, wat ‘n ryk tradisie het, moes ongelukkig gestop word, net voor die aflosse kon begin, as gevolg van swaar reën.
Die hoofde en organiseerders het wel besluit dat die uitslae, wat wel beskikbaar was, in ag geneem sal word om die 2020 wenners te bepaal aangesien die byeenkoms in 2019 ook uitgereën het.
LEES: Die Anker se atlete haal uit en wys
Die finale puntestand was soos volg:
Die Anker (771.5), Brandwag (643.5), Hans Moore (593), Benoni High (569), Alberton High (243), Sir Pierre van Ryneveldt (214.5) en Boksburg High (187.5).
Daar was ook vier Anker-atlete wat met toekennings weggestap het.
Hulle is:
Dihan de Villiers (junior seuns veld Victor Ludorum), Nantus Joubert (senior seuns veld Victor Ludorum), Wynand Feyt (senior seuns baan Victor Ludorum), Clarissa Fuhri (senior dogters baan Victrix Ludorum).
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



