CrimeNews

Man met mes aangehou en van hommeltuig en rekenaar beroof

“Toe die hommeltuig op die grond land het hulle dít en my skootrekenaar gegryp en weggehardloop.”

’n 23-Jarige man is vanoggend van sy skootrekenaar en hommeltuig (drone) beroof deur twee mans, waarvan een met ’n mes gewapen was.

Die man het sy GoPro hommeltuig ongeveer 7.30vm oor ’n oop stuk veld in Germainslaan gevlieg.

Hy het ook van sy skootrekenaar gebruik gemaak.

“Toe die hommeltuig in die lug was het ek gesien dat twee mans na my toe aangeloop kom.

LEES: Fietsryer voor Plastic City aangeval, in gat gegooi

“Toe hulle by my was het een man, wat ’n swart ‘hoodie’ gedra het, ’n mes te voorskyn gebring en gesê dat ek alles wat ek by my het aan hulle moet oorhandig.

“Ek het gesê ek het net die skootrekenaar en hommeltuig en hulle het my beveel om dit af te bring.

“Toe die hommeltuig op die grond land het hulle dít en my skootrekenaar gegryp en weggehardloop.

“Ek is van nature paraat, maar ek het niks by my gehad om myself mee te verdedig nie,” het die man gesê.

Die skootrekenaar is ’n rooi MSI rekenaar.

Enigiemand met inligting word versoek om die Brakpan polisiestasie dadelik te kontak by 011 744 7100/7136.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button