Editor's noteLocal newsNews

Dominee ry 95 keer om die kerk met sy fiets

Die diakonale rampfonds het voordeel uit die fondsinsameling getrek.

Met die inperking wat Vrydag vanaf vlak-vyf na vlak-vier aangepas is, het daar bietjie verligting gekom, veral vir dié wat daarvan hou om bietjie te oefen.

Die publiek mag nou gaan hardloop, fietsry en stap maar slegs in jou woonbuurt (nie verder as vyf kilometer van jou huis af nie) en slegs tussen 6vm en 9vm.

Met dié vooruitsig het ds Hannes Jansen van Rensburg  van die NH Kerk, Brakpan Harmonie Vrydag (op Werkersdag) besluit om sy fiets so bietjie af te stof en te gaan ry, maar alles vir ‘n goeie doel.

Ds Hannes Jansen van Rensburg van die NH Kerk, Brakpan Harmonie hard aan die trap op sy fiets.

Lees: Eienaars van kleinsake ondernemings erg deur inperking geraak

“Die uitdaging was eintlik dat ek binne ‘n sekere tyd  soveel  keer as moontlik om die kerk moes ry,” het ds Jansen van Rensburg verduidelik.

“Gemeentelede kon my per rondte geborg of ‘n donasie geskenk.

“Die diakonale rampfonds het voordeel uit die fondsinsameling getrek, het ds Jansen van Rensburg gesê.

Nadat daar berekeninge gemaak is het die dominee so 95 rondtes van 300m elk om die kerk gery.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button