
Charlene Bezuidenhout skryf per e-pos:
Ek was vanoggend by ‘n winkel om ‘n paar items te koop wat nodig is.
Wat ek nie kan verstaan nie, is dat mense hul kinders saam met hulle na die winkels neem.
Ek het ‘n vrou met twee kinders (ek skat nie een van hulle ouer as 12 jaar nie) gesien.
Ek neem aan sy is die ma van die kinders en net sy het ‘n masker gedra. Nie een van die kinders het nie. Daar was ook oral kennisgewings dat mense maskers moet dra.
Dit is onverantwoordelik en sy as volwassene moet seker maak dat die kinders (of dit nou hare is of nie) ook maskers het.
Ek moet sê ek was Saterdag ook gou by ‘n apteek en dit lyk net asof die inperking nie meer bestaan nie.
As mense nie verantwoordelik gaan begin optree nie, gaan ons weer baie vinnig terugkeer na vlak-5 toe.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:![]()
![]()
![]()
![]()
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



