Local newsNews

San Michele werknemer sterf in ongeluk

Julia, wat alleen in die voertuig was, is op die toneel oorlede.

’n Werknemer van die San Michele Tehuis is Donderdagmiddag in ’n ongeluk, wat op die R554 plaasgevind het, oorlede.

Julia Madzwuhe (42), ’n voertuigbestuurder vir die tehuis, was op pad terug van die Tambo-gedenkhospitaal in Boksburg waar sy bloedtoetsuitslae gaan afhaal het.

Die Toyota Yaris wat sy bestuur het en wat aan San Michele behoort was in ’n botsing met ’n vragmotor betrokke.

Julia was alleen in die voertuig en is op die toneel oorlede.

ALSO READ:

Dankbaar vir hulp na ongeluk

Volgens inligting het drie insittendes van die vragmotor beserings opgedoen.

Julia het die afgelope ses jaar vir San Michele gewerk. Haar man, Lawrence Lishiva, werk al 13 jaar vir San Michele. Hy is tans die eiendomsbestuurder.

Hulle het drie kinders: Asakundwi (20), Princess (13) en Lolo (3).

Die bestuur van San Michele het hul meegevoel uitgespreek met die afsterwe van Julia en gesê dat haar dood beslis ’n verlies vir die tehuis is.

Haar begrafnis sal in Venda plaasvind en ’n gedenkdiens sal op 5 Mei by San Michele gehou word.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button