NewsSchools

Geen keer aan dié krieketspan nie

Jaco Janse van Vuuren was skitterend met die bal.

Hoërskool Die Anker se o-15 krieketspan het onlangs in die Platinum-liga teen Hoërskool Jeugland te staan gekom.

Die Anker het die wedstryd met agt paaltjies gewen.

Jeugland het eerste gekolf en kon net 39 lopies almal uit opstapel.

Jaco Janse van Vuuren was skitterend met die bal en het drie paaltjies platgetrek vir net 10 lopies.

Die Anker se kolwers het ligte werk gemaak van Jeugland se totaal en het dit verby gesteek met net twee paaltjies plat.

Jaco is aangewys as speler van die wedstryd.


ALSO READ:

Stoffies gaan SA’s toe vir skyfskiet

ALSO READ:

Top achievers at Dalpark Private School

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button