Local newsNews

Dwaalkoeël mis vrou rakelings in haar huis

Die paar het aanvanklik nie gedink dat ‘n koeël deur die huis se dak gebars het nie.

‘n 62-jarige inwoner van Anzac en sy verloofde het Donderdagaand ‘n nare ondervinding beleef toe ‘n dwaalkoeël deur hul huis se dak getrek het en ‘n vrou rakelings gemis het.

John Engelbrecht was ongeveer 22:00 reeds in die bed terwyl sy verloofde, Vanessa, pille aan hom oorhandig het.

“Vanessa het my pille op die bedkassie neergesit en om die bed na haar kant beweeg toe ons ‘n harde slag hoor,” het John verduidelik.


LEES OOK: Transitorowers slaan toe in Minnebron


John het aanvanklik gedink dat iemand buite in die erf was en iets deur ‘n venster gegooi het. Die paar, wat uit die aard van die saak groot geskrik het, het eers na ‘n rukkie besef wat eintlik gebeur het.

“Vanessa het iets op die grond sien lê en dit aan my oorhandig. Dit is toe dat ek besef dat dit ‘n koeël van ‘n vuurwapen was. Ek het opgekyk en die gaatjie in die plafon gesien,” het John vertel.

Hy het die SAPD ontbied, wat ondersoek ingestel het.


LEES OOK: Anker akteur kwalifiseer vir SA’s


“Die koeël het Vanessa rakelings gemis. Dit kon ‘n ernstige of selfs ‘n noodlottige besering veroorsaak het,” het John gesê.

“’n Mens verwag doodeenvoudig nie dat ‘n koeël uit ‘n vuurwapen deur jou dak gaan bars nie.”

Die voorval word deur die Brakpan SAPD ondersoek.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button