Local newsNews

Egpaar se verligte woning was ‘n fees vir die oog

Helder pienk liggies, wat die naam Angelique uitgespel het, was ook aangebring ter ondersteuning van Riaan se niggie.

Die woning van Riaan Reynecke en sy vrou Angelique in Hoylaan was gedurende Desember vir die derde agtereenvolgende jaar in honderde Kersliggies getooi.

Die egpaar het ook weer, soos in die verlede, reggestaan met lekkernye vir kinders wat saans na die liggies gaan kyk het.

Mense het vanaf 1 tot 24 Desember tougestaan om die liggies en selfs Kersvader te sien.

Die egpaar het gedurende dié tyd ongeveer 1 000 pakkies lekkers uitgegee aan kinders, waarvan 400 op die eerste aand uitgedeel is. Die pakkies is deur Riaan en Angelique opgemaak.


LEES OOK: Do you really know your domestic staff?


Riaan se broer, Jeandré Reyncke, het hand bygesit om ook pakkies uit te deel.

Tyrone Enslin, Riaan se swaer, was die Kersvader. Brakpan4Brakpan en Riaan se bure het ook bygedra vir die pakkies lekkers, waarvoor Riaan en sy vrou baie dankbaar is.

Helder pienk liggies, wat die naam Angelique uitgespel het, was ook aangebring ter ondersteuning van Riaan se niggie, Angelique Smith, wat met borskanker veg.

Alhoewel Desember 2023 nog ver is, beplan die egpaar weer om liggies op te sit en pakkies uit te deel, met die hoop om vanjaar se feesseisoen nog meer mense se harte bly te maak.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button